‘n Heidelberger het vanjaar met die eerste plek in die Goliat van Gat-pampoenfees in Pretoria weggestap toe sy yslike pampoen die skaal op 730.8kg laat kreun het.
Maroela Media asook Beeld het berig dat Cornelis Bester die 20ste kompetisie wat in Silverton aangebied is, gewen het. Lees die volledige berig in Maroela Media hier: https://maroelamedia.co.za/…/die-manne-skrik-nie-vir…/
Cornelis het die pampoen in sy agtertuin gekweek.
Nog ‘n Heidelberger wat pampoene sommer in ‘n oop veld oorkant sy huis in Rensburg geplant het, het ‘n mooi oes opgelewer.
Kobus Boshoff het vir die eerste keer sy hand aan diè pampoenplantery gewaag.
“Ongelukkig het beeste die plant platgetrap en ons moes toe die pampoene afhaal,” het Yolandi, Kobus se vrou, aan Heidelberg Times vertel.
Die grootste pampoen weeg 26kg en is 155cm in omtrek.
Die Boshoffs het ook netjiese groentetuinbeddings in hul voortuin, maar het die pampoene ‘sommer vir die pret’ in die veld geplant.
Die wil voorkom of Rensburg vrugbare grond vir pampoenne het. Mooi gedoen manne. Hou so aan!
Julle is ‘n inspirasie en voorbeeld vir al ons inwoners. Kom, laat ons pampoene plant!