HEIDELBERG TIMES

Fri 4:50 pm
May 16, 2025
Neil Rice
Neil Rice

NOG ‘n HEIDELBERGER ONTYDIG WEGGENEEM

Tolla Pieterse sterf.
Weereens het die verskriklike hartseer nuus van die afsterwe van nog ‘n jarelange en bekende Heidelberger die dorp gisteraand (8 Julie) getref.
Tolla (JC) Pieterse (46) het in die uitvoering van sy pligte in die buiteland gesterf.
Tolla (soos die meeste van sy geliefdes en vriende na hom verwys het) was ‘n paar dae gelede nog in Suid-Afrika, voor hy weer aan die einde van Junie teruggevlieg het.
Sy vrou Marie, het op 27 Junie ‘n Facebookinskrywing gemaak: ‘My hart, my als. Veilig vlieg en veilig wees. Mis jou en sien jou gou weer. 2025 Moet gou kom.’
Tolla wat aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag verbonde was, het ontplooiings in die buiteland behartig.
Hy was ‘n toegewyde man vir Marie en hul twee tienerdogters, Marla en Bianka.
Tolla sal veral onthou word vir sy humorsin! Hy en Marie (swemafrigter) was passievolle swemmers en het gereeld aan die Midmar Myl deelgeneem. Hulle het dit gewoonlik as fondsinsameling vir ‘n nie-winsgewende organisasie soos die SAVF en/of die Kankervereniging geswem.
Tolla het selfs ook die ysige waters van Lesotho in die Ice-Swim by Afriski as fondsinsameling aangedurf.
Tolla, jy sal onthou word vir die passie waarmee jy alles in jou lewe aangepak het. Daar is geen woorde om jou geliefdes te troos nie en ons harte bloei saam met julle.